Wanneer om die Pilanesberg te Besoek

Seisoene

Julie tot Oktober (laat-winter tot vroeg-somer)

Die heel beste tyd om die Pilanesberg te besoek is vanaf die middle van Julie tot die middel van Oktober (laat-winter tot vroeg-somer). Die rede hiervoor is dat diere langer neem om in die winter te wei omdat daar minder voedingsbronne beskikbaar is. Die paarseisoen begin laat-Februarie en is ook iets om te ervaar. Vanaf Januarie is die bos so dik dat dit amper onmoontlik is om die diere te sien. Wintersdae is warm en die lig is skoon, maar aande is baie koud. Beheerde brande word elke winter in dele van die park gedoen om die veld te beheer. Dit is ‘n noodsaaklike deel van die natuurbewarings-proses.

Die wintermaande is die beste tyd om leeus te sien. Hulle neem nie soveel kennis van toeriste en motors soos hulle in ander seisoene doen nie, maar dit is baie belangrik om altyd in jou motor te bly. Die diere is gewoond aan voertuie, maar indien jy uit jou motor uitklim sien hulle jou dalk as ‘n dreigemend en dit kan ‘n gevaarlike situasie wees. Moenie vir die diere toet nie – dit maak hulle skrik en ruïneer jou kanse op ‘n foto.

Oktober tot Maart (somer)

Die reën val met mening in die somersmaande. Gedurende hierdie tydperk kan die Pilanesberg Nasionale Park omtrent 622mm reën kry. Somerstemperature wissel tussen 26°C and 30°C.

Algemene Reis-advies

Jy sal heelwaarskynlik nie al die diere op die selfde tyd sien nie. Lees boeke voor jy gaan, of neem hulle saam op jou avontuur. Lees oor die verskeie spesies, groot en klein. Die Groot 5 is die mees gewild, maar daar is vele ander diertjies, goggatjies, likkewane en ander gedoentes wat ewe interessant en indrukwekkend is, op nadere inspeksie. Verkykers is absoluut noodsaaklik – voel of jy reg langs die massiewe leeu staan terwyl hy brul. Geniet elke oomblik van hierdie avontuur, maak nie saak wanneer of vir hoe lank jy gaan nie.

Huidige weer

Gemiddelde maandelikse temperatuur en reënval

 

Maand Temperatuur Reënval
Januarie 25.6 C 11.4 cm
Februarie 25 C 10.9 cm
Maart 23.9 C 8.9 cm
April 22.2 C 3.8 cm
Mei 18.9 C 2.5 cm
Junie 16.7 C 0.8 cm
Julie 17.2 C 0.8 cm
Augustus 20 C 0.8 cm
September 22.8 C 2.3 cm
OKtober 25 C 5.6 cm
November 25 C 10.7 cm
Desember 25.6 C 12.4 cm