Pilanesberg is Malaria-vry

Pilanesberg Nasionale Park is die ideale wegkomplek in terme van gesondheidskwessies in die wildernes. Pilanesberg is een van slegs ‘n handjie vol plekke wat malaria-vry is waar mens die Groot 5 gesien kan word. Die lodges het madiese dienste beskikbar en die nabyheid aan Rustenburg, Johannesburg en Pretoria beteken dat wêreld klas mediese dienste maklik berykbaar is indien nodig.

Suid-Afrika Inentings

Die kans dat een van hierdie siektes jou sal aansteek is baie skraal, maar indien dit sou gebeur kan die effekte dramaties wees. Praat met jou dokter 6 weke voor jou vakansie en vind by hom of haar uit watter inentings hulle aanbeveel. Inentings wat oor die algemeen vir besoekers aan Suid-Afrika gegee word, sluit in:

  • Hepatitis A
  • Ingewandskoors (Typhoid)
  • Geelkoors (Yellow fever) (indien jy van geaffekteerde dele van die wêreld arriveer)
  • Hondsdolheid (indien jy fisies naby aan wilde diere kom)
  • Tetanus-diphtheria

Indien jy voorskrif medisyne die land inbring is dit verkieslik om die voorskrif ook te bring, ingeval daar by die doeane vrae is oor die medisyne. Die lodge sal met enige ander mediese navrae kan help.