Pilanesberg Aanwysings & Hekke

Met sy ligging naby aan Suid-Afrika se besigste lughawe is Pilanesberg Suid-Afrikase maklikste bereikbare park. Of jy kies om te vlieg of ry na Pilanesberg sal jou reisplanne maklik en egalig verloop en jy sal die Groot 5 en sóveel meer eerstehands ervaar.

 

Aanwysings vanaf Johannesburg/Pretoria

Van Johannesburg of Pretoria neem die N4 weswaarts en draai af op die R556 noord in die rigting van Sun City.  Soos jy Sun City nader sal die R510 jou na die oosterlike hekke van die park neem.Volgdie R556 verbei Sun City om by die westerlike hekke te kom. Die rid na die hekke behoort om en by 2 ure te neem, maar laat asseblief genoeg tyd om voor sononder by jou lodge aan te kom. Kliek hier vir hektye.

Aanwysings vanaf Ander Stede

Alle paaie lei na Johannesburg, indien jy die langpad na Pilanesberg wil aanpak. Van Kaapstad neem die N1, die rit sal ongeveer 18 ure neem. Vanaf Durban sal die N3 met Johannesburg konnekteer en dit sal omstrent 8 ure neem om by Pilanesberg Nasionale Park uit te kom.

Stad Afstand Tyd
Pretoria 150 km 1.5 ure
Johannesburg 170 km 2 ure
Cape Town 1 500 km 18 ure
Durban 700 km 8 ure

Vlugte na Pilanesberg

O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg is Suid-Afrika se grootste lughawe. Meeste van die internasionale lugreëderye werk hiervandaan en al die plaaslike lugdienste ook. Verskeie motorverhuurders het kantore hier en jy sal jou motor hier kan optel en die 2-uur rit na Pilanesberg Nasionale Park begin.

Huurvlugte neem jou van Johannesburg tot by Pilanesberg Internasionale Lughawe. Reël asseblief met jou lodge om jou by die lughawe op te tel.

Toegangshekke

Black Rhino Reserve

Die private Black Rhino Reserve het sy eie toegangshek op die R565 noord. Teken in by die hek en ry na jou lodge of vra jou gasheer om jou te kom optel.

Lodges bereikbaar vanaf die Black Rhino-hek:

Babukung-hek

Die Babukung-hek is naby aan die westelike kant van Sun City. Neem die R565 vanaf Johanneburg en volg dit verby Sun City tot by die toegangshek.

Lodges bereikbaar vanaf die Babukung-hek

Bakgatla-hek

Bakgatla-hek is noordoos van die Pilanesberg Nasionale Park naby Saulspoort. Neem die R510 vanaf Sun City na Mogwaseen volg die padtekens na Pilanesberg Nasionale Park. Hou aanverby die Manyane-hek aan jou linkerkant en tot die Bakgatla-hek by die T-aansluiting.

Lodges bereikbaar vanaf die Bakgatla-hek:

Kwa Maritane-hek

Die KwaMaritane-hek is gerieflik geleë tussen die Sun City-oord en Pilanesberg Internasionale Lughawe.

Lodges bereikbaar vanaf die Kwa Maritane-hek:

Manyane-hek

Manyane-hek is in die oosterlike kant van die Pilanesberg. Vanaf Sun City neem die R510 na Mogwase en hou aan deur die dorp tot jy links draai by die hek.

Lodges bereikbaar vanaf die Manyane-hek:

Legkraal-hek

In die noorde van die Pilanesberg Nasionale Park bied die Legkraal-hek ‘n blik op die minder-bekende dele van die park. Legkraal is ook naby die Black Rhino Reserve.

Daar is geen lodges naby aan die Legkraal-hek geleë nie.

Nota: Shepherd’s Tree Game Lodge het ‘n private ingang tot die park wat op die R565 noordwaarts te vinde is.