Reis-informasie

Binne die krater van ‘n volkaan

Die krater van ‘n uitgewiste oer-volkaan is die ligging van Pilanesberg Natuurreservaat – ‘n fassinerende alkaliese kompleks geskep deur volkaniese uitbarstings omtrent 1300 miljoen jaar gelede. Pilanesberg is een van die grootste volkaniese komplekse in die wêreld. Sy rare kliptipes en -strukture maak van die plek ‘n unieke georgrafiese ligging. Die area is omring deur drie stelle konsentriese ringe heuwels. Die struktuur van die park is offisieel bekend as die ‘Pilanesberg Game Reserve Alkaline Ring Complex’.

Die uitgewiste volkaan is die perfekte voorbeeld van ‘n alkalise ringkompleks. Pilanesberg Natuurresrevaat is bekend as een van die wêreld se mees unieke geografiese areas. Die park rus tussen die droë Kalahari en die natter Laeveld (ook bekend as die Bosveld).

Teenoorgestelde van ander parke is daar unieke oorleggings van plante, diere en insekte as gevolg van die unieke oorgansgarea tussen die terreine. Die kleurvolle vistas, uiteenlopende habitatte sal fotograwe fantastiese geleenthede bied om die foto van ‘n leeftyd te neem. In die middel van die park is Thabayadiotso ‘die Trotse Berg’. Oor tyd het wind en water die klip gekerf om ‘n awemrowende landskap te skep met oop grasvelde, bosse en klip hange.

Erfenispark Bewaringsarea:

Die natuurbewaardings-area bied beter beweginsspasie vir diere, wat in deel beter eko-toerisme bied. Dit is ‘n 20-jaar projek wat saam met Limpopo en Botswana te werk gaan. Die doel is om die area tussen Pilanesberg Natuurreservaat en Madikwe Natuurreservaat te vul met nog ‘n Groot 5 park. Die area is in die besit van verskeie eienaars en word nie bewoon nie en word meestal net vir weiding gebruik. Daarom is dit maklik om dit in ‘n reservaat te omskep vir natuur-gebaseerde toerisme. Heidiglik is 20000ha gereed vir insluiting. Die private sektor het alreeds grond aan albei reservate oorhandig. Fase 1 is ‘n  vyf-jaar plan om die grense van albei parke nader aan mekaar te bring. Fase 2 sal die twee parke sien bymekaarsmelt en ‘n moontlike Fase 3 sien die insluiting van Botswana.

Die Erfenispark Projek word ondersteun deur:

  • Die Departement van Landbou, Natuurbewaarding, Omgewing en Toerisme
  • Noordwes Parke en Toerisme Raad
  • Bojanala Platinum Distriksmunisipaliteit
  • Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit
  • Zeerust Plaaslike Munisipaliteit
  • Sentraal-distrik Munisipaliteit