Fauna en Flora

Die groot verskeidenheid fauna en flora van die Pilanesberg is die produk van twee unieke landskappe – die Kalahari en die Laeveld. Die Kalahari is ‘n massiewe 900,000km² area graslande. In vorige jare het wilde diere soos olifante en kameelperde hier baljaar, al is dit nou meer net ‘n weiveld vir kleiner diere word leeus en luiperds tog hier gesien. Die droë rivierbeddings word damme in die reënseisoen en diere kom nader om hulle dors te les. Die Laeveld is ‘n Suid-Afrikaanse term wat verwys na die groot oop spasies in hierdie land. Laeveld temperature is hoër en die area kry minder reënval.

Groot 5

Die Groot 5 is een van die Pilanesberg se grootste aanloklikhede. Dié vyftal is ‘n moet-sien vir ernstige safari-gangers en die Pilanesberg Nasionale Park bied fantastiese kans om leeus, luiperde, olifante, buffels en renosters van jou lysie af te merk. Die term ‘Groot 5’ kom die oudae toe groot-wild jagters dié diere as die gevaarlikste en beste trofeë beskou het. Vandag is toeriste steeds baie gretig om hulle te skiet, maar nou doen hulle dit met kameras in plaas van gewere.

Voëls

Voëlkyk in die Pilanesberg is fenominaal, met meer as 300 spesies wat die area tuismaak. Daar is ‘n groot verskeidenheid voëlspesies, wat vir seker enige voël-liefhebber se bloed vinniger sal laat pomp. Party van die voëls is reisigers, terwyl ander permanent in die area woon. Hulle vreet lewendige diertjies, sade, vrugte en selfs mikroskopiese waterdiertjies. In die oosterlike deel van die ‘Walking Area’ by die Manyane Complex kan besoekers ‘n self-geleide roete geniet. Die roete is fantasties om oor die omgewing te leer terwyl voëls te voet gesoek (en gesien!) word. Nog ‘n opwindende opsie is die in-stap voëlhok met meer as 80 inheemse voëlspesies.

Plante

In die oorgangsarea tussen die semi-woestyn Kalahari en die Laeveld, bied die Pilanesberg ’n interessante plantelewe ervaring. Deels omdat die Kalahari nie ‘n egte woestyn is nie is daar ‘n groter groep plantspesies in die area. Flora wat eie aan die area is sluit in die acacia-boom, en baie verskillende grasse en kruie. Die Kiwano-vrug is ‘n ovaalvormige watervrug met kenmerkende horingagtige spykers. Wanneer die vrug ryp is is die skil geel/oranje met lemmetjiegroen vlees met ‘n tekstuur soos dié van ‘n komkommer. Die Kiwano is maklik verkrybaar in die area en dra ander name insluitende ‘African horned cucumber’, ‘jelly melon’ of die ‘English tomato’.