Begeleide Staproetes in die Pilanesberg Nasionale Park

V

ir die avontuurlustige siel is die verskeie staproetes van die Pilanesberg Nasionale Park die beste manier om die fauna en flora eerstehands te leer ken. Al die roetes word begelei deur ervare en deeglik-opgeleide gidse wat hulle kennis van die area gretig met jou deel.

Deur die park te voet te leer ken, beteken dat jy die wonderlike onaangeraakte wildernes leer ken en diep in die natuur in kan vaar, waar voertuie nie noodwendig kan kom nie. Die nabyheid aan die wildernes is ook die perfekte geleentheid en omstandighede om awemrowende foto’s te neem.
Jou gids sal jou bekend stel aan die verskillende tipes plantegroei, insekte, voëls en unieke oorslag van die Kalahari- en die Laeveldekosisteme. Sien die groot wild van naby en kry ‘n nuwe respek vir hoe massief hierdie diere regtig is. Selfs die korter bosroetes beloof om ‘n nuwe perspektief en liefde vir die massiewe Groot 5 te koester.

Met ‘n klein gelukskoot sien jy die Groot 5 en ander groot predatore. Die begeleide staproetes vind 7 dae per week plaas, maak nie saak wat die weer doen nie.

Pilanesberg Staproete:

  • Tarief 2014: R700 per persoon
  • Tarief 2015: R550 per persoon
  • Tydsduur: 4 ure
  • Groep grote: Minimum van 4 mense
  • Ouderdom: Die minimum ouderdom is 16 jaar
  • Fiksheid: Relatiewe fiksheid word verlang

Note: The rates for 2014 are valid 1st December 2013 – 30th November 2014 and the rates for 2015 are valid from 1 December 2014.

Maak ‘n Bespreking