Pilanesberg Fotografiese Wegkruipplekke

Met ses weggesteekte voëlkyk-wegkruipplekke in die park, is die Pilanesberg ‘n baie gewilde bestemming vir fotograwe en voëlliefhebbers. Daar is ‘n perfekte plekkie vir elke deel van die dag:

  • Westelike aansig: Rathogo verskaf die beste lig vir oggend-foto’s
  • Oostelike aansig: Ruighoek en Malatse is fantasties in die middag.
  • Noordelike aansig: Makorwane en Batlhako werk fantasties in lae-lig of bewolkte omstandighede
  • Die mees gewilde plekkie: Mankwe kyk ooswaarts en is fantasties oggend en middag, maar die C-vorm beteken dat jy ooswaarts en weswaarts kan skiet. Oggende by Mankwe bied asemrowende weerkaatsings en silhouette.

Die voëlkyk-wegkruipplekke by Pilanesberg is stwige, goed geboude structure met gemaklike sitplek waar jy kan wag vir daardie spesiale voël of vir diere om te kom water drink by die watergat. Die wegkruiphokkies verskaf die rare geleentheid om na aan die wilde diere te kom sonder dat hulle van jou bewis is. Om tyd in die wegkruiphokkies te spandeer is baie vervullend en gee jou die kans om asemrowende foto’s te neem.

 

Mankwe-wegkruipplekkie is op die rant van die Mankwedam,die grootste damin die Pilanesberg. Die wegkruipplekkie is gebou om oor die dam uit te strek en word deur ‘n afgebakende jetty bereik, sodat die diere heeltemal onbewis van die mense om hulle is. Skelet-bome in die voorgrond is baie gewild met die cormorants en egrets en lyk baie goed op foto’s. Malankwe is bekend onder fotograwevir die beste plek om die rare malachite kingfisher te sien. Hou ook ‘n ogie oop vir krokofille en likkewane wat in die son lê en bak terwyl jy oor die jetty stap.

Al die wegkruipplekkiesis veilig omraam en het toilette.