Aktiwiteite

Die lodges van die Pilanesberg Nasionale Park bied ‘n wye reeks aktiwiteite van kultuur-bedrywighede tot wildervarings en spa-behandelinge. Kyk na die lys uiteenlopende aktiwiteite op die Pilanesberg Safaris blad.

Wildritte

manyane-resort-webWildritte in oop-safari voertuie bied nabye ontmoetings met leeus, luiperds, olifante, renosters en buffels. Die Groot 5 word bygestaan deur wonderlike verskeidenheid wild insluitende die baie skaars wilde honde en cheetahs.

Lees Meer
 
Maak ‘n Bespreking

Lugballonne

manyane-resort-webSien die Pilanesberg Nasionale Park van ’n heel ander perspektief – uit ‘n swewende lugballon. Daar’s geen omstuimigheid nie en die enigste geluid wat jy sal hoor is die brander wat elke nou en dan vlam vat.

Lees Meer
 
Maak ‘n Bespreking

Stapsafari

manyane-resort-webSien die bos op voet in ‘n intense avontuur. Met jou ingeligde gids leer jy details oor die omgewing wat minder ander van weet en asook hoe die Pilanesberg se unieke ekosisteme werk. Te voet ervaar jy die natuur, natuurlik.

Lees Meer
 
Maak ‘n Bespreking

Ander Aktiwiteite in die Pilanesberg

Gesondheid- en skoonheidspas is ‘n gewilde funksie in ‘n luukse safari lodge. Geleë in ‘n ongerepte omgewing met kalmerende uitsigte word jy heel middag bederf. Die tyd tussen die oggend en die aand wildritte is ideaal om jou verstand en liggaam te vertroetel.

 

 

Die ritmes van Afrika-tromme is aansteeklik. Die prag en die energie van die Afrika-kontinent klop met die hart van die trom in hierdie oer-instrument. Om saam met ‘n groep in die ritme te ‘wees’ is ‘n unieke ervaring wat jou ‘n nuwe mens sal laat.

 

‘n Vier-wiel motorfiets is die beste manier om in die natuur te beleef. ‘Quad bike’ toere word deur ervare gidse begelei en is selfs vanpas vir beginners. Geniet die avontuur in die bos terwyl jy natuur op sy naaste ervaar.

 

 

 

Gee hierdie oer-kuns ‘n probeerslag. Boogskut is ‘n presiese sport wat hope konsentrasie verg. Die gidse wys vir jou om die meeste te maak van die energie wat deur die boog gewek word

 

 

 

Jy moet die diversiteit van suider-Afrika se voëllewe eerstehands ervaar om dit regtig te kan waardeer. Neem jou vêrkykers en jou kamera en sien van die 300 voëlsoorte van die Pilanesberg Nasionale Park. Die groot jagvoëls is fassinerend, maar die detail van die kleur-ryke klein voëltjies is net so asemrowend.

 

Die Groot 5 was altyd die mees gesogte en gevaarlike diere om te jag. Gelukkig is dit nou baie meer populêr om foto’s van hulle te neem as om hulle te jag. Vandag vaar voertuie die wildernes in met die doel om foto’s van hierdie majnifieke diere te neem. Die gidse ken hulle fauna en flora, maar is ook gretig om jou te help om die perfekte foto te neem.

 

Beweging plus musiek het ‘n baie basiese aantrekkingskrag vir die menslike siel. Leer hoe om op Afrika-ritmes lyf te skud in ‘n tradisionele manier wat baie vir jou siel beteken. Die onskuldige ritmes om die vuur sal sommer vining jou skaamheid laat weg smelt en jou die nag sien indans.

 

 

Wildritte en bosuitstappies is dikwels nie vanpas vir jong kinders nie, maar baie lodges bied speelgronde en opvoedkundige aktiwiteite wat spesifiek vir kinders ontwerp is. Jong safari-entoesiaste sal leer oor suider-Afrika se fauna en flora in ‘n manier wat so indrukwekkend is dat hulle vir nog sal vra..

 

Kleiduif-skiet is ‘n sport wat baie konsentrasie en vaardigheid verg, maar wat ook groot belonings trek. Voel trots wanneer daai klei hoog in die lig in vlenters breek. Toegeweide personeel sal selfs nuweling uitrus en leer hoe om sukses in hierdie aktiwiteit te behaal.

 

 

‘n Potjie tennis is ‘n lekker manier om ‘n bietjie oefening tussen wildritte in te werk. Sweet ‘n bietjie teen ander gaste of vriende, en koel dan luilekker in die swembad af.