Tambuti Game Lodge

Inleiding
Lodge Swimming Pool Restaurant Bar

Inleiding

In die noordwestelike deel van die Pilanesberg Nasionale Park, omtrent 33km vanaf Sun City in die malaria-vrye Groot 5 park by die Tambuti-woud is die Tambuti Game Lodge in die eksklusiewe Black Rhino Reserve. Die pragtige Afrika-wildernes by die voet van ‘n oer-volkaan is die perfekte ligging vir ‘n lodge wat aan sy gaste ‘n intieme, luukse safari-ervaring bied.

Die moderne elegansie van Tambuti Lodge word gekomplimenteer deur uitstekende diens van die Tambuti-span.

Aktiwiteite

Sien Afrika se mees indrukwekkende wild op oggend- en aandwildritte in oop 4X4 safarivoertuie met uitstekende gidse.

Verblyf

Verblyf

Tambuti Lodge bestaan uit vyf luukse chalets met elegante moderne afwerkings en kwaliteit meubels. Omring deur indrukwekkende Tamboti-bome, bied elke suite ‘n asemrowende uitsig met lugversorging, en-suite badkamermet kompleet met twee wasbakke, bad, binne- en buitestort, aparte toilet asook ‘n private dek.

2 x ‘PoolView’-suites:

‘Zebra Pool View’-suite: Luukse slaapkamer met koning-grootte bed, dubbel wasbak, toilet, bad, binne- en buitestort asook ‘n yskas binne die suite. Private dek met buite-kombuisie en ‘n tafel met twee stoele.

‘Hippo Pool View’-suite: Luukse slaapkamer met koning-grootte bed, dubbel wasbak, toilet, bad, binne- en buitestort asook ‘n yskas binne die suite. Private dek met buite-kombuisie en ‘n tafel met twee stoele. Twee sonluiers op die dek ideaal vir boeklees en ontspan.

2 x ‘Bush View’-suites

‘Elephant Bush View’-suite: Luukse slaapkamer met koning-grootte bed, slaapbank, dubbel wasbak, toilet, bad, binne- en buitestort asook ‘n yskas binne die suite. Private dek met buite-kombuisie en ‘n tafel met stoele.

‘Lion Bush View’-suite: Luukse slaapkamer met tweeling-beddens, dubbel wasbak, toilet, bad, binne- en buitestort en yskas binne die suite. Private dek met twee stoele, ‘n tafel en twee sonluiers.

1 x ‘Honeymoon’-suite:

‘Rhino Honeymoon’-suite: Luukse slaapkamer met koning-grootte bed, slaapbank, dubbel wasbak, toilet, bad, binne- en buitestort en yskas binne die suite. Private dek met Jacuzzi en kombuisie asook ‘n tafel en stoele en ‘n houtbantjie.

Alle suites het:

  • Koning-grootte of tweeling beddens
  • En-suite badkamer
  • Binne- en buitestort
  • Jappon
  • Private uitkyk-dek
  • Oorhoofse waaier
  • Lugversorging
  • DSTV bouquet
  • Kroegyskassie
  • Tee en koffiefasiliteite
  • Haardroër
  • Kluis
Fasiliteite

Fasiliteite

Die lodge se fasiliteite sluit in:

  • Swembad
  • TV-kamer met vuurherd
  • Kroeg
  • Boma
  • Besigheidssentrum met gratis Wi-Fi
  • Biblioteek
Ligging

Ligging

Aanwysings:

Aanwysings:

Neem die N4 en dan die R510 na Sun City. Van die Sun City-hek hou aan in die rigting van Rustenburg vir omtrent 4km op die R565. Draai regs by die stopstraat en vorder 30km op die Madikwe-pad waar die toegangshek van die Black Rhino Reserve aan jou regterkant sal wees. Dit is ‘n teerpad tot by die ingang. Wanneer jy by die Black Rhino Reserve-hek kom, laat weet vir hulle dat jy by Lodge Nommer 15 (Tambuti Lodge) bly.

Wanneer jy so ver as Sun City kom, bel asseblief 082 796 3282 (Bert) of 071 139 9403 (Maritza)

GPS-koördinate:

S25 deg. 10.910’
E26 deg. 57.320’

Gallery
Tariewe

Tambuti Game Lodge Tariewe

Tarief vir Sep 2014 – April 2016 Hoëseisoen Laeseisoen Hoëseisoen
Datums 1 Sep 2014 – 30 Apr 2015  1 Mei 2015 – 31 Aug 2015  1 Sep 2015 – 30 Apr 2016
Per Persoon wat deel R 2890 R 2550 R 3140
Per enkel persoon R 3620 R 3190 R 3920
Kind 6- 12 jaar R 1450 R 1280 R 1570

Notas:

  • Minimum twee nagte se verblyf oor naweke (Vrydag en Saterdag)
  • Daar is ‘n 10% toeslag tussen 23 Desember 2014 en 2 Januarie 2015

Tariewe sluit in:

3 maaltye per dag

Oggend- en aandsafari in ‘n oop Landcruiser

Spesiale tee voor die aandwildrit

Tee, koffie, mineraalwater

Wasgoeddiens

WiFi-toegang

 

Kinderbeleid:

  • Geen kinders onder die ouderdom van 6 jaar word toegelaat nie
  • Kinders tussen 13 en 18 jaar blyop 100% van die deel-tarief
  • Alle kinders moet bewaringsfooie betaal
Vind Meer Uit