Shepherd’s Tree Game Lodge

Inleiding
Lodge Swimming Pool Spa Shop Bar Restaurant Conference Facilities

Inleiding

Geleë in ‘n eksklusiewe-gebruik deel van die Pilanesberg Natuurreservaat bied die Shepherd’s Tree Lodge asemrowende uitsigte vanuit elke suite en ‘n reeks aktiwiteite in hierdie malaria-vrye Groot 5 park. ‘n Prys-verowerende gesondheids-spa bied luukse behandelings in Suid-Afrika se gunsteling wildernes.

Verblyf

Shepherd’s Tree bied gemaklike verblyf in drie kategorië. Die intelligente argitektuur kombineer die uitsig van die wildernes met absolute privaatheid. Alle suites kom met alle gemaklikhede insluitende ‘n plasma-TV, sateliet TV en mini-besigheidssentrum.

Die ‘executieve suites’ by Shepherd’s Tree bied en-suite badkamer met sitkamer en stoep. ‘n Stoomstort en dubbeldeur stort rond die packet af. Famliesuites het twee hoofslaapkamers met ‘n gedeelde sitkamer en stoep.

Shepherd’s Tree verblyf-opsies sluit in:

  • Familie-suites
  • ‘Executive Suites’
  • Luukse Suites
  • Standaard Kamers

Aktiwiteite

Geleë in die eksklusiewe-gebruik area bied Shepherd’s Tree Lodge ‘n variëteit aktiwiteite, selfs meer opwindend as wildritte:

  • Stapsafaris met ons opgeleide gidse kom jy so na as moontlik aan die Afrika-wildernes
  • Die gesondheids- en skoonheidsspa bied ure se ontspanning en rus en vrede
  • Gespesailiseerde praatjies deur ingeligte gidse leer vir jou alles van die Pilanesberg en suider-Afrika se bos-lewe
  • Die trom-groep en interaktiewe tromspeel skep ‘n genotvolle sirkel met mede-reisigers
  • Vaar die veld in met vierwiel-motorfietse of probeer met ‘n boog skiet
  • Wildritte neem jou tot by die Groot 5 in die Pilanesberg Natuurreservaat
Fasiliteite

Fasiliteite

Die hooflodge is die bymekaarkom-punt vir ‘n sosiale atmosfeer. Dit kyk uit op die oneindiggende wildernes en is die beste plek om ‘n boek te lees of ander avontuurlustiges te ontmoet. Die restaurant met buite-lugbome biet lipleklekker kos, terwyl die besigheidssentrum jou met die wêreld konnekteer.

Die vermaaklikheids-dek met sy perfek-geleë swembad en skemerkelkie-kroeg laat jou toe om in rus en vrede die son te sien sak.

Die gesondheids-spa bied behadelinge wat jou soos ‘n nuwe mens sal laat voel.

Shepherd’s Tree Lodge bied die volgende fasiliteite:

  • Gourmet restaurant met buite-boma
  • Sitkamer met uitstekende uitsigte en kroeg
  • Vermaaklikheids-dek met swembad en skemerkelkiekroeg
  • Gesondheids-spa
  • Konferensie-fasliteite vir 70 deelnemers
  • Besigheidssentrum
  • Curio-winkel
Konferensies

Tot en met 70 deelnemers

Die beste fasiliteite

Doen asseblief navraag oor beskikbare toerusting

Ligging

Ligging

Shepherd’s Tree Lodge is in die suidwestelike deel van die Pilanesberg Natuurreservaat in ‘n private toewyding geleë. Die lodge sit op ‘n heuweltjie met uitstekende uitsigte oor die bosen diere.

Ry op die N4 weswaarts en draai af op die R556. Volg die Pilanesberg tekens verby Sun City en draai op die R565. Na 12km arriveer jy by die Shepherd’s Tree ingang.

Gallery
Tariewe

Shepherd’s Tree Tariewe

Tarief vir 2015 Hoëseisoen Laeseisoen Hoëseisoen
Datums 2014 – 2015 1 Des –
30 Apr
1 Mei –
30 Sep
1 Okt –
30 Nov
Standaard kamer, per persoon wat deel R 2980 R 2580 R 2980
Standaard kamer, enkel persoon R 4470 R 3870 R 4470
‘Executive Suite’, per persoon wat deel R 3220 R 3220 R 3220
‘Executive Suite’, kind 0 – 11 jaar R 1610 R 1610 R 1610
Familie-suite, per eenheid (maks. 4 persone) R 12720 R 11515 R 12720
Familie-suite, kind 0 – 11 jaar R 1590 R 1440 R 1590

Tariewe sluit in:

Alle etes

Twee daglikse wildritte

Tee en versnaperinge

Notas:

  • Kinders 0 – 11 jaar – Tariewe is vir kinders wat met twee betalende volwassenes deel in die ‘Executive Suites’ of vir 4 volwassenes in die Familie-suites. Kinders word dan op ‘n slaap-bank geakkommodeer.
  • ‘Executive Suites’ – Vir twee volwassenes, geen enkel-aanvulling word toegelaat nie
  • Familie-suites – Tariewe is gebasseer op ‘n maksimum van vier volwassenes
Vind Meer Uit