Morokolo Game Lodge

Inleiding
Lodge Restaurant Swimming Pool

Inleiding

Morokolo Game Lodge is geleë in een van die mees afgesonderde en eksklusiewe areas van die Pilanesberg Natuurreservaat. Die Black Rhino Reserve is ‘n onlangse toevoeging tot diereservaat en is tuiste van die Groot 5 en ander wildspesies van suider-Afrika. Morokolo is die Setswana naam vir die inheemse num-num-boom, wat skeinbaar genesingskrag het

Verblyf

Ideaal vir paartjies, families of groepe vriende bied Morokolo Game Lodge twee kampe, elk met vier luukse dubbel-suites met ’n moderne bad, en-suite fasiliteite, private binnehof en buite-stort. In elke kamp kan een van die suites gebruik word vir kinders, wat dit ideal maak vir 8 volwassenes en 2 kinders.

Geriewe sluit in:

  • Kroegkoelkas met koffie- en teefasiliteite
  • Lugversorging
  • Buitestort
  • Private stoep
  • Onderdak parkering vir gaste se voertuie

Aktiwiteite

Uitstekende wildkyk is die grootste trekpleister by Morokolo Game Lodge. Die dag begin met koffie of tee en beskuit voor die eerste wildrit waar jy die vroegoggend gebeure vang. Pilanesberg is tuiste van leeus, cheetahs, wildehonde, olifante, renosters, buffels en verskeie bokspesies. Na ‘n paar uur van terugsit en ontspan is dit tyd vir middagtee en die tweede wildrit wat tot in die aand strek en vir gaste diegeleentheid gee om nagdiere in aksie te sien.

Fasiliteite

Fasiliteite

Morokolo Game Lodge voorsien alles wat jy moontlik sal wil hê om na ‘n wildrit te ontspan. ‘n Swembad met luierstoele is ideal vir rustige middae. Die gedeelde braai area is perfek vir sosiale aande om die vuur. Die restauramt is slegs 5 minute weg en maak jou lewe nog makliker.

Die hoofgebou het ‘n sitkamer met plasma-TV, DSTV, kroeg en snoekertafel. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is ‘n gemaklikke ontbyt-hoekie.

Morokolo Lodge se fasiliteite sluit in:

  • Restaurant
  • Swembad
  • Plasma-TV en DSTV
  • Toegeruste kombuis
  • Braai fasiliteite
  • Snoekertafel
Ligging

Ligging

Morokolo Game Lodge is in die Black Rhino Reserve geleë, ‘n nuwe deel van die Pilanesberg Natuurreservaat. Die lodge sit op die hange van die noordelike Pilanesberg berge en bied toegang tot die mees diverse wildkyk in suider Africa.

Vanaf Johannesburg ry op die R556 na Sun City. Ry verby Sun City en draai regs op die R565 na Swartfuggens na 5km. Na 27km is die ingang vandie Black Rhino Reserve aan jou regterkant. Ry of self na die lodge toe of vra dat hulle jou by die hek optel.

Gallery
Tariewe

Morokolo Game Lodge Tariewe

Tarief vir 2014 – Sep 2015 Middel van die week tariewe Naweek Tariewe
Per Persoon wat deel tarief R 2100 R 2350
Enkel Persoon tarief R 2600 R 2850
Kind 2-11 jaar R 1050 R 1175
Kind 0-1 Free Free

Tariewe sluit in:

Aandete, bed en ontbyt

Tot 2 wildritte per dag

Nota: Minstens 2-nag bly oor naweke (Vrydag en Saterdag)

Vind Meer Uit