Ivory Tree Game Lodge5stars

Inleiding
Lodge Swimming Pool Spa Bar Restaurant Conference Facilities

Ivory Tree Game Lodge lê in die natuurlike amfiteater tussen berge en wilde bosse met oer-olifant-spore wat dit deurtrek. In die noordooste van Pilanesberg is Ivory Tree ‘n oasis vanluuksheid in een van Suid-Afrika se gewildste wildernes-areas. ‘n Groot swembad, die Amani African Spa, buitelug-etes en asemrowende wildervarings maak die perfekte vakansie.

Verblyf

Luukse suites bied ‘n kalm wegkruipplek na opwindende dae in die bos. Warm en aardlikse kleure verwelkom jou, terwyl die stoep en buite-stort jou toelaat om in hierdie unieke wildernes in die Pilanesberg jou batterye te herlaai.

Ivory Tree Game Lodge het 59 suites met ‘twin’-beddens. Koning-grootte beddens of ‘n extra enkel bed kan gereël word vir gaste met kinders.

Die standaard-suite sluit in:

  • En-suite badkamer en buitestort
  • Stoep
  • Tee en koffie-fasiliteite
  • Kroeg-yskas
  • Lugversorging

Die ‘executive suites’ bied ‘n sitkamer en private swembad.

Ivory Tree se luukse suites sluit in:

  • En-suite badkamer en buitestort
  • Stoep
  • Tee en koffie-fasiliteite
  • Kroeg-yskas
  • Lugversorging
  • Private swembad
  • Sitkamer

Aktiwiteite

Ivory Tree Game Lodge is geleë in een van Suid-Afrika se grootste natuurreservate, wat tuiste speel vir amper al Suid-Afrika se wild asook meer as 300 spesies voëls. Ivory Tre bied veel meer as net wildritte. Aktiwiteite vir elke persoonlikheid vervul jou vakansie drome.

  • Ervaar Afrika-kultuur met Tswana en Zulu-danse, Afrika-marimba en ‘n trom-vertoning.
  • Neem ‘n vierwiel motorfiets na ‘n nabye tradisionele dorpie wat deur die lodge ondersteun word en ontmoet die plaaslike mense
  • Boogskut en windbuks
  • Neem deel aan wildbewaring op ‘n bewarings-safari
  • Verfris jou siel en liggaam by die Amani African Spa
  • Familie-safaris is propvol aktiwiteite vir kinders
  • Sien die Groot 5 vanuit die gespesialiseerde safari-voertuig
  • Ervare voëlgidse neem jou op ‘n voëlkyk-safari
Fasiliteite

Fasiliteite

Die gedeelde area van die Ivory Tree Lodge kom saam om ‘n groot swembad. Buitelug-etes in die tradisionele boma bied die geleentheid om warm Afrika-aande te geniet. Die binne-area bied skoon ontwerp en organise materiale. Die kroeg en skemerkelkie-area is die beste plek om mense te leer ken en stories oor die bos te deel.

Ivory Tree se fasiliteite sluit in:

  • Groot swembad
  • Twee sitkamers
  • Kroeg en skemerkelkie-area
  • Multi-vlak eetkamer
  • Konferensie fasiliteite
  • Opelug-boma

Rolstoel-vriendelik

Ivory Tree Game Lodge verwelkom gaste met gestremdhede. Verblyf word voorsien in ‘n speisaal-ontwerpte suite vir die gemak van diegene wat met gestremdhede leef. Rolstoelopritte is voorsien by die hooflodge en restaurant-areas. Gedurende wildritte sal ons vriendelike gidse bystand lewer om gaste in en uit die safari-voertuie te help, en hulle sal verseker dat die rit gemaklik en genotvol is.

Konferensies

 

  • Hierdie spesifieke plan wys ‘n klaskamer uitleg wat vir 70 afgevaardigdes plek maak, in ons opinie kan tot en met 80 mense gemaklik hier inpas.
  • Ivory Tree het ‘n toegeweide konferensiekamer met fasiliteite
  • Praat asseblief met ons in verband met konferensie-mateirale voor jy jou konferensie klaar beplan
Ligging

Ligging

Ivory Tree Game Lodge is deur die Bakgatla-hek toegangklik en is in die noordoostelike deel van die Pilanesberg Natuurreservaat. Geen toegangsfooie word van gaste wat direk na Ivory Tree Lodge toe gaan, geneem nie.

Aanwysings:

Vanad JOhanneburg neem die N4 na Rustenburg en draai af op die R556 na Pilanesberg en Sun City. Ry ongeveer 80km na Sun City en kyk uit vir die bruin ‘Ivory Tree Lodge’ teken na die vierde 4-rigting stop. Draai regs na Northam op die R510. Volg die bruin ‘Ivory Tree Lodge’ tekens tot by die Bakgatla-hek en neem die regterkantse ingang na die lodge.

Gallery
Tariewe

Ivory Tree Game Lodge Tariewe

Tarief vir 2015 Hoëseisoen Laeseisoen Hoëseisoen
Datums vir 2014- 2015 1 Des –
30 Apr
1 Mei –
30 Sep
1 Okt –
30 Nov
Standaard Suite per persoon wat deel R 2740 R 2290 R 2740
Standaard Suite per enkel persoon R 4110 R 3450 R 4110
Standaard Suite, kind 0 – 11 jaar R 1370 R 1150 R 1370
‘Executive Suite’, per persoon wat deel R 3110 R 3110 R 3110
‘Executive Suite’, kind 0 – 11 jaar R 1550 R 1550 R 1550
Private Villa (4 kamers) R 26500 R 26500 R 26500

Tariewe sluit in:

Alle etes

Twee daaglikse wildritte

Tee en versnaperinge

Notas:

  • Kinders van 0 – 11 jaar – Tarief gebasseer dat hulle met twee volwassenes deel
  • Executive Suite – Tarief vir twee volwassenes per nag, geen enkel-tarief
  • Private Villa – 4 standaard kamers, vir tot en met 8gaste. Private swembaden wildkyker en sitkamer met TV.
Vind Meer Uit