Bakubung Bush Lodge4stars

Inleiding

Bakubung Bush Lodge vermeng moderne luukshede met ‘n volle Afrika-wildernes ervaring. Geniet ‘n wildrit en sien die Groot 5 of lê luilekker langs die swembad. ‘n Groot verskeidenheid sport aktiwiteite en ‘n pendeldiens na Sun City skep variasie in jou dag.

Die groot trekpleister is die wild van die Pilanesberg Natuurreservaat. Die Groot 5 en meeste ander groot soogdiere vansuider-Afrika is hier tuis. Bakubung Bush Lodge bied ‘n groot verskeidenheid ander aktiwiteite, of jy nou wil rus of aktief wees:

  • Stap saam op ‘n geleide bosstappie en sien als wat die Pilanesberg bied
  • Die pendeldiens na Sun City laat gaste toe om te dobbel en by die oort te baljaar
  • ‘n Beligte tennisbaan, aksie-krieket en vlugbal bied oefening vir aktiewe gaste
  • Bederf jouself by die Nôkô Kalahari Spa
  • Bly in kontak in die internet-sitkamer

Ligging

Bakubung Bush Lodge is in die Groot 5-belaaide Pilanesberg Natuurreservaat geleë. Die park is malaria-vry en is binne ry-afstand van die Sun City Resort and Casino. So vermeng gaste maklik die wild-ervaring van die bos met die glans van die oord.

Die Pilanesberg Natuurreservaat is minder as twee ure se ry vanaf Johannesburg.

Verblyf

Verblyf

Bakubung-Bedroom

Bakubung Bush Lodge bied verblyf in 76 ‘Standard Studio Rooms’ (1 rolstoel-vriendelike kamer) en elk is volledig met ‘n en-suite badkamer, stort en oop-plan balkon of stoep. Die lugversorgde kamers is met of twee enkel beddens of ‘n koning-grootte bed. Die uitsig oor die seekoei-poele is ‘n groot bonus.

Alle verblyf in Bakubung sluit in:

  • DSTV
  • Direkte-lyn telefone
  • En-suite badkamers
  • Tee en koffiefasiliteite
Fasiliteite

Fasiliteite

Lodge Swimming Pool Sports Facilities Restaurant Bar Spa Conference Facilities

Bakubung Bush Lodge bied ‘n groot swembad en ‘n verskeidenheid sportfasiliteite vir gaste om krieket, tennis en vlugbal te speel. ’n Aanraak-skerm wildkantoor merk onlangse wild-sieninge. Die boma is waar stories om die vuur gedeel word. Die restaurant bied drie maaltye perdag en n veranderende spyskaart bied variëteit op jou bord.

Ander fasiliteite sluit in:

  • Groot swembad
  • Tennis- en vlugbalbane
  • Restaurant en kroeg
  • Boma
  • Internet-sitkamer
  • Nôkô Kalahari Spa

Rolstoel-vriendelik

Bakubung Bush Lodge verwelkom gaste met gestremdhede. Verblyf word voorsien in ‘n spesiaal-ontwerpte kamer vir gaste wat ’n rolstoel gebruik. Rolstoelopritte is ook by die hooflodge en restaurant te siene. Gedurendewildritte sal gidse gestremde gaste bystaan om in en uit die safari-voertuig te klim, en sal verseker dat dié gaste ‘n gemaklike engenotvolle ervaring het.

Konferensie

Konferensies en Funksies

Bakubung-Conference-Packs-web

Bakubung bied konferensie en banket-fasiliteite vir 14 tot 120 gaste. Skyfieprojektors, ‘flip charts’, internet toegang word voorsien.

Gallery

 

Tariewe
Tariewe vir  2015 Hoëseisoen Laeseisoen Hoëseisoen
Datums 2015 1 Jan –
30 Apr
1 Mei –
31 Aug
1 Sep –
31 Des
Tarief per persoon wat deel R 2120 R 1810 R 2120
Enkel Persoon Tarief R 3010 R 2560 R 3010
Kind 13-17 years* Free Free Free
Kind 12-0 years* Free Free Free

Tariewe sluit in:

Aandete, bed en ontbyt
Een wildrit per dag
Bos-braai op Woensdag en Sondag

Nota: Minimum 2 nag verblyf oor naweke (Vrydag en Saterdag)

Kinderbeleid*

Kinders onder die ouderdom van 12 jaar (maksimum 2 kinders per kamer) bly verniet op ‘n bed, ontbyt en aandete basis indien hulle met een of twee volwassenes deel. Kinders 13 – 17 jaar bly gratis, maar word 50% van maaltydfooie gevra indien hulle met een of twee volwassenes deel.

Vind Meer Uit