Bakgatla Resort3stars

Inleiding
Lodge Permanent Safari Tents Self Catering Camping Swimming Pool Spa Sports Facilities Shop Bar Restaurant Conference Facilities

Inleiding

Die Bakgatla Resort aan die voet van die Garamoga heuwels bied verblyf aan alle reisigers wat die Pilanesberg Natuurresrvaat wil ervaar. Bakgatla maak deel uitvan die Golden Leopard Resorts en bied faisliteite vir families asook wegkomplek vir paartjies en ernsitge safari-gangers.

Verblyf

Bakgatla verblyf bied opsies vir ‘n groot verskeidenheid reisigers. Ernstige reisigers en wittebrood-paartjies geniet die luuksheid van die Executive Safari Tents, terwyl families die avontuur van kamp onder die Afrika-sterre sal geniet.

Executive Camping Tents

Hierdie permanente safari-tente is die mees luukse opsie. Die tente het twee ¾ beddens en ‘n slaap-bank asook ‘n kroegyskas en die verblyf sluit ontbyt en aandete in. Die tente het elektrisiteit en is bo-op ‘ hout dek gebou wat na die Afrika-bos lei.

Chalets

Die chalets is gepas vir groepe tot en met vyf mense en het ‘n dubbel bed in die hoofslaapkamer en drie enkelbeddens in die loft. ‘n Private stoep met braai bied die perfekte plek om sosiaal uit te span. DieBakgatla chalets sluit in:

  • Blyplek vir 5 mense
  • Beskikbaar op ‘n B&B of aandete en B&B basis
  • Lugversoring
  • Private stoep met braai

Aktiwiteite

Bakgatla is die ideale basis om die res van die Pilanesberg Natuurreservaat te verken. Avontuur deur die 200km pad-netwerk in jou eie voertuig of sluit aan by ‘n wildrit. Die lodge bied ‘n speelgrond vir kinders en ‘n Olimpiese-grootte soutwater swembad. Bakgatla lodge bied die volgende aktiwiteite:

  • Wildritte vertek by sonop en weer in die laatmiddag
  • Tradisionele dansgroepe kan by die boma gereël word
  • Aktiewe gaste kan in die Olimpiese-grootte swembad oefening inkry
  • Staproetes met ervare gidse kan gereël word vir ‘n minimum van 4 gaste
Fasiliteite

Fasiliteite

Bakgatla dek ‘n groot area met massiewe grasperke en ‘n groot keuse aktiwiteite. Gaste wat in die karavaan-park bly of in die kampterrein kamp sal alles in die superette vind wat hulle nodig het. Die sentraal-geleë restaurant bied smaaklike etes. Die Olimpiese-grootte swembad, trampolien, buitelug-skaak en verskeie speelgronde bied genoeg opsies om tussen avonture te ontspan.

Die fasiliteite by Bakgatla sluit in:

  • Restaurant
  • Superette
  • Olimpiese-grootte en baba-swembaddens
  • Speelgronde
  • Buitelug-skaak
  • Ablusieblokke vir die wat kamp of in karavane bly
Konferensies

Konferensie-kamer

Moruleng

  • U-uitleg 35
  • Klaskamer 50
  • Bioskoop-styl 60
  • Banket 30
  • Raadsaal 25

Raadsaal

  • Klaskamer 30
  • Bioskoop 20
  • Raadsaal-styl 10
  • U-uitleg 25

Kgabo Mokgatla

  • U-uitleg 100
  • Klaskamer 300
  • Bioskoop-styl 350
  • Banket 250

Konferensiebystand en Fasiliteite

Oorhoofse Projektor, VCR Opnemer, TV, Foto-Projektor, Witbord, Multi-Media Projektor, PA Sisteem, Vaste ‘Flexi’ Reëlings, ‘Flip’ Bord

Dienste

Sekreterieël – fakse en fotokopieë kan gereël word

Waarin ons spesialiseer

  • Bankette
  • Skemerkelkie-bykomstighede
  • Private Etes
  • Seminare
  • Ontbyt
  • Konvensies
  • Produk bekendstellings
  • Bosberade
  • Bos-braais

Spanbou

Spanbou fasiliteite is beskikbaar. Hierdie aktiwiteite verskil in moeilikheidsvlak, probleemoplossing en kreatiwiteit. (genotlik vir jonk en oud, junior, senior, manlik en vroulik).

Ligging

Ligging

Bakgatla is geleë in die noord-oostelike deel van die Pilanesberg Natuurreservaat en is bereikbaar vanaf die Bakgatla-hek. Hiervandaan het jy toegang tot ‘n 55 000 hektaar wildernes area wat om ‘n unieke oer-volkaan gevorm is en suider-Afrika se beste wild-ervaring bied.

Aanwysings:

Neem die N4 vanaf Johannesburg na Rustenburg en draai op die R556 na Sun City. Ry na Sun City en by die vierrigting-stop neem die R510 na Mogwase. Draai links en volg die tekens na die Pilanesberg Nasionale Park. Ry verby die Manyane-hek en hou aan tot die Bakgalta-hek by die T-aansluiting.

Gallery

 

Tariewe

Tariewe

Spesiale Aanbod: Kry 10 % afslag vir besprekings tussen April 2015 en Maart 2016

Terme en voorwaardes:

  • Sodra ‘n bespreking gemaak is, moet die volle betaling gemaak word
  • Slegs geldig gedurende die advertensie op die webwerf is
  • Slegs geldig vir besprekings deur hierdie webwerf
  • Onderhewig aan beskikbaarheid

Bakgatla Resort Tariewe – April 2015 – Maart 2016

Chalets Lae Hoë Piek
 (Bed en Ontbyt)
Chalet – Enkel R 2160 R 2370 R 2610
Chalet – Dubbel R 2265 R 2490 R 2750
Chalet – 3 wat deel R 2370 R 2610 R 2870
Chalet – 4 wat deel R 2480 R 2730 R 2996
Chalet – 5 wat deel R 2590 R 2850 R 3140
Safari Tents Lae Hoë Piek
(Bed en Ontbyt)
Safari Tent – Enkel R 1840 R 1930 R 2120
Safari Tent – Dubbel R 1950 R 2040 R 2240

Nota: Minimum van twee aande oor naweke (Vrydag en Saterdag)

Notas:

  • Pryse is per chalet per aand
  • Aandete is beskibaar op versoek (ons gee ‘n aparte kwotasie)
  • Kinders onder 12 bly verniet indien hulle met 2 volwassenes deel)
  • Kinders onder 4 bly verniet

 

Vind Meer Uit

Vind Meer Uit