Vind blyplek in die Pilanesberg

Blyplek in die Pilanesberg Nasionale Park is so uiteenlopend soos die park self. Pilanesberg bied ‘n verskeidenheid blyplek-opsies, van oorde tot safari-tente tot boslodges tot chalets en selfsorgeenhede. Oordeelkundige reisigers sal veral versot wees op die eksklusiewe lodges van die private Black Rhino Reserve, die nuutste toevoeging tot die Pilanesberg Nasionale Park. Families en begroting-bewuste reisigers sal ‘n verskeidenheid verblyfopsies vind met selfsorgeenhede, bed en ontbyt asook chalets aan offer. Pilanesberg Wildreservaat is ook ‘n fantastiese ligging vir besoekers wat graag by die internasionaal bekende Sun City oord wil kuier – party van die park se lodges is slegs tien minute se ry van die oord af.

Hetsy ‘n outentieke safari-tent of ‘n luukse vyfster lodge jou blyplek is in die malaria-vrye Pilanesberg Nasionale Park, bly die wild die grootste aanloklikheid.

Manyane Resort

vanaf R 585
per nag, per person wat deel

manyane-resort-web

Slaap onder die sterre in a ouderwedse safari-tent vir twee. Families en begrotingbewuste reisigers sal die Afrika-styl chalets en private stoepe (met braai) en studio-kamers geniet.

Lees Meer

Bakgatla Resort

vanaf R 975
per nag, per person wat deel

bakgatla-web

Slaap nader aan die wilde buitewêreld, in die gemak van ‘n safaritent. Vir diegene wat ‘n dak bo ‘n tent verkies is Bakgatla se Afrika-styl chalets ‘n begroting-vriendelike opsie.

Lees Meer

Buffalo Thorn Lodge

vanaf R 9000
per nag, 10 volwassenes

buffalo-thorn-web

‘n Selfsorg-ondervinding soos geen ander: Buffalo Thorn Lodge vermeng die luuksheid van ‘n vyfster lodge met die vryheid, bekostigbaarheid en privaatheid van selfsorg. Ideaal vir ‘n groep of familie, Buffalo Thorn is slegs beskikbaar vir eksklusiewe private huur van die hele lodge.

Lees Meer

Manyane Resort

vanaf R 585
per nag, per person wat deel

manyane-resort-web

‘n Verskeidenheid bed en ontbyt opsies wag op die begrotingsbewuste reisiger. Vind skuiling in a ‘n romantiese safaritent of ‘n moderne chalet met lugversorging, kombuis, private stoep en braai. Studio kamers voorsien eenvoudige gemak.

Lees Meer

Bakgatla Resort

vanaf R 975
per nag, per person wat deel

bakgatla-web

Stylvolle avontuur wag op jou by hierdie eksklusiewe safaritent of die gemak van ‘n Afrika-styl chalet met kombuis, private stoep en braai. Aandete en middagete is of selfversorg of by die restaurant.

Lees Meer

Bakubung Bush Lodge

vanaf R 1810
per nag, per person wat deel

Geniet die beste van beide wêrelde: die opwinding van ‘n oord in die wildernes van die Pilanesberg. Begeleide wildritte, gesofistikeerde etes, bos-tennisbane, luukse swembaddens en panoramiese uitsigte verseker ‘n onvergeetlike safari slegs 10 minute vanaf Sun City.

 

Lees Meer

Kwa Maritane

vanaf R 1810
per nag, per person wat deel

kwa-maritane-web

Geleë op die hange van ‘n oervolkaan bied Kwa Maritane die perfekte kombinasie van rus-en-vrede en avontuur. Sien die Groot 5 by die lodge se wildskuiling, en staar na die sterre in die Afrika-lug.

Lees Meer

Black Rhino Game Lodge

vanaf R 1835
per nag, per person wat deel

black-rhino-game-lodge-web

Genessel tussen die Tamboti-bome van die Black Rhino Reserve, begin jou dae met wildritte in die onbekende en afgeleë valley en eindig jou dag met ‘n smaaklike ete geskep deur die lodge se private chef.

Lees Meer

Ivory Tree Game Lodge

vanaf R 2290
per nag, per person wat deel

ivory-tree-web

‘n Natuurlike amfiteater, wat dikwels deur olifante besoek word vorm die asemrowende ligging van die Ivory Tree Lodge. Die toekenning-bekroonde Amani Africa Spa verleen ‘n gevoel van absolute luuksheid aan die wilderness ondervinding by Ivory Tree Lodge.

Lees Meer

Morokolo Game Lodge

vanaf R 2100
per nag, per person wat deel

ivory-tree-web

Morokolo is op die noordelike hange van die Black Rhino Reserve in die Pilanesberg geleë, en bied een van die mees diverse wild ondervindinge in Afrika met jagdiere, wild, fauna en flora. Die prima wildondervinding en swem in die kristal water van die swembad.

Lees Meer

Shepherd’s Tree Game Lodge

vanaf R 2580
per nag, per person wat deel

shepherds-tree-web

Skop jou skoene af en ontspan by Shepherd’s Tree Game Lodge, geleë binne die eksklusiewe Black Rhino Reserve. Eksklusiewe wildritte, gourmet etes en asemrowende uitsigte gekombineer met die luuksheid van die bekroonde spa.

 

Lees Meer

Tambuti Game Lodge

vanaf R 2550
per nag, per person wat deel

tambuti-web

Eet onder die sterre by die vuur in die boma, of op die private uitsigvlak by jou suite in hierdie intieme, luukse lodge. Sonop en sonsak maak van elke dag ‘n okasie – die wild van die Black Rhino Reserve is joune om te ervaar.

Lees Meer

Tshukudu Bush Lodge

vanaf R 3670
per nag, per person wat deel

tshukudu-web

Ervaar die onvergeetlike luuksheid van een van Afrika se mees romantiese lodges. Omring deur die oer-volkaan beloof Tshukudu om intiem en romanties te wees. Afrika-geïnspireerde vyf-gang etes en awemrowende uitsigte groet jou elke dag.

Lees Meer

Bakubung Bush Lodge

vanaf R 1810
per nag, per person wat deel

Kinders bly verniet as hulle met volwassenes deel. Bakubung se ‘Junior Rangers’-program – en spesiale kinderwildritte – bied ‘n opwindende inleiding tot die wondere van die natuur. ’n Avontuur-speelpark hou kinders besig en gelukkig.

 

Lees Meer

Black Rhino Game Lodge

vanaf R 1835
per nag, per person wat deel

black-rhino-game-lodge-web

Kinders onder die ouderdom van vyf jaar bly gratis en kinders tussen 6 en 11 jaar bly vir halfprys. Black Rhino se familie-suites bied al die spasie wat ‘n familie nodig het met ‘n sprankelende swembad om in te baljaar.

Lees Meer

Buffalo Thorn Lodge

vanaf R9000
per night, 10 volwassenes

buffalo-thorn-web

Twee familie-chalets in die eksklusiewe-gebruik Buffalo Thorn Lodge bied twee enkel beddens – ideaal vir kinders. Die sentrale swembad bied wildkyk vanaf die waters, maar is ook kindervriendelik vir jou gemoed.

Lees Meer

Ivory Tree Game Lodge

vanaf R 2290
per nag, per person wat deel

ivory-tree-web

Ervaar saam ‘n egte avontuur by Ivory Tree se Familie Safari. Vir die kleintjies is daar die ‘Bush Bumble’ wat fokus op die klein goeters en goggas van die bos, ver weg van die Groot 5. Kinders word genooi om te leer boog skiet terwyl hulle leer van die oer-boesmans.

Lees Meer

Kwa Maritane

vanaf R 1810
per nag, per person wat deel

kwa-maritane-web

Kinders bly gratis wannneer hulle met volwassenes deel. Die ‘Junior Rangers’-program bied ‘n lekker en opwindende inleiding tot die wondere van die natuur. Die avontuur speelpark, trampoline, mini-gholf in die bos, twee swembaddens (en ‘n baba-swembad) en buitelug-skaak bied vermaak vir die hele familie.

Lees Meer

Bakgatla Resort

vanaf R 975
per nag, per person wat deel

bakgatla-web

Kinders onder die ouderdom van 11 bly gratis. ‘n Verfrissende swembad, mini-gholf en ‘n kinder speelpark bied ure se avontuur en vermaak in hierdie Pilanesberg wildernes.

Lees Meer

Manyane Resort

vanaf R 585
per nag, per person wat deel

manyane-resort-web

Kinders onder die ouderdom van 11 jaar bly verniet. Die mini-gholfbaan, swembad en kinder speelpark is slegs ‘n paar van die familie-aktiwiteite beskikbaar.

Lees Meer

Bakubung Bush Lodge

vanaf R 1810
per nag, per person wat deel

Geniet die beste van beide wêrelde: die opwinding van ‘n oord en die wildernes van die Pilanesberg. Begeleide wildritte, gesofistikeerde etes, bos-tennisbane, luukse swembaddens en panoramiese uitsigte uit elke kamer maak vir ‘n onvergeetlike konferensie-oondervinding. Verskeie konferensie-pakette is beskikbaar tot en met 120 afgevaardigdes.

 

Lees Meer

Ivory Tree Game Lodge

vanaf R 2290
per nag, per person wat deel

ivory-tree-web

‘n Natuurlike amfiteater deurtrek met olifant-spore is die asemrowende Ivory Tree Game Lodge.Vir ‘n unieke ondervinding mag aktiwiteite soos leeu-dartel deel van jou konferensie uitmaak. Tot en met 80 afgevaardiges word in a pragtige grasdak-gebou verwelkom.

Lees Meer

Kwa Maritane

vanaf R 1810
per nag, per person wat deel

kwa-maritane-web

Op die hange van ‘n oervolkaan bied Kwa Maritane die perfekte kombinasie van avontuur en rustigheid. Sien die Groot 5 vanaf die wildwegkruipplek en private watergat, of tuur na die sterre onder die Afrika-lug. Verwelkom tot en met 264 afgevaardigdes.

Lees Meer

Shepherd’s Tree Game Lodge

vanaf R 2580
per nag, per person wat deel

shepherds-tree-web

Geleë binne ‘n private deel van die Black Rhino Reserve, bied Shepherd’s Tree eksklusiewe wildritte, gourmet feeste en luukse rustigheid. Vir die avontuurlustiges is daar dalk wildbewaardings-aktiwiteite op die program. Verwelkom tot en met 70 afgevaardigdes.

 

Lees Meer

Bakgatla Resort

vanaf R 975
per nag, per person wat deel

bakgatla-web

Kies jou gunsteling soort akkommodasie, tussen ouderwetse safaritente en koloniale-styl chalets. Sit terug in die sprankellende swembad of geniet die oord se top-restaurant. Tot en met 350 gaste.

Lees Meer

Manyane Resort

vanaf R 585
per nag, per person wat deel

manyane-resort-web

Ontsnap na die natuur by Manyane Resort! Reisigers vind die wilde buitelug – alles met modern afwerkings – in die gemak van hulle safari-tent of baksteen-kothuise. Twee konferensie-fasiliteite bied plek vir tot en met 100 gaste.

Lees Meer

Buffalo Thorn Lodge

vanaf R9000
per night, 10 volwassenes

buffalo-thorn-web

Privaatheid is die beste luuksheid. Die eksklusiewe gebruik van hierdie imtieme, vyf-ster lodge kompleet met private safari-voertuig, wildbewaarder, buitelug-boma, uishoudster en ten volle gedienste lodge. ‘n Swembad op die bos se rand bied ‘n uitsig oor die Groot 5 vanuit die koelle waters.

 

Lees Meer