Pilanesberg-National-Park

Ontdek die Pilanesberg Nasionale Park

Onder suider-Afrika se fassinerende natuurreservate is Pilanesberg Nasionale Park sekerlik die mees bereikbaar. Geleë in die ekologiese rykdom tussen die Kalahari en die Laeveld, is hierdie massiewe malaria-vrye area ‘n skat van wild. ‘n Groot verskeidenheid verblyf-opsies laat almal tuis voel.

Beste Dinge om te Doen

2-day-pilanesberg-safari

5-day-pilanesberg-safari

Hot-air-balloon-safaris

Pilanesberg-Sepcials

Top Redes om te Besoek

Jy wonder heelwaarskynlik wat die Pilanesberg Nasionale Park so uniek maak in ons land vol nasionale parke. Hier is die beste redes om hierdie besondere park te besoek:

Toeganklik

Slegs drie ure se ry vanaf Suid-Afrika se grootste stad (Johannesburg) bied Pilanesberg Nasionale Park die geleentheid om die stadslewe agter te laat en ‘n nuwe wilde wêreld te ontdek. Vier die publieke vakansiedae, of maak ‘n romantiese wegkomkans in hierdie ongerepte wildernes.

Verskeidenheid Verblyfopsies

Die diversiteit van die Pilanesberg se verblyfopsies beteken dat daar iets is virelke smaak. Of jy nou van die rowwe lewe hou in ‘n tent of ‘n glasie vonkelwyn in ‘n Jacuzzi geniet sal hierdie diverse park die regte verblyfpakket bied.

Ekologiese Rykdom

Pilanesberg Nasionale Park bestaan in die area tussen die droë Kalahari en die nat Laeveld. Hierdie ryk oorgangsarea bied indrukwekkende diversiteit in terme van diere, flora en fauna wat nie gewoonlik gemaklik langs mekaar woon nie. Feitlik alle dier-soorte van suider-Afria kan hier givind word, insluitende wilde honde, die Groot 5, Roan, Tsessebe, Sable-bokke en meer as 360 voëlspesies.

Propvol Wild

Die relatiewe klein grootte van die park en sy ekologiewe rykdom, versterk jou kanse om die Groot 5 in hulle natuurlike omgewing te sien. Geniet ‘n uitgerekte safari of ‘n vinnige naweek weg: die Pilanesberg laat jou toe om te doen wat jou hart begeer.

Oergeskiedenis

Pilanesberg Nasionale Park is in die krater van ‘n oervolkaan geleë, wat omtrent 1.2 biljoen jaar gelede gevorm is. Die landskap en klipformasies wat ons vandag sien herinner ons aan hierdie oergeskiedenis.

Fotografiese Wegkruipplekke

Dompel jouself in die natuurlike wêreld van die Pilanesberg se fotografiese wegkruipplekke. Hierdie goed-geboude ‘hides’ is ‘n gemaklike plek om van die sonstrale te skuil en te wag vir die perfekte foto. Dit is ‘n seldsame geleentheid om wild en voëls dop te hou terwyl hulle onbewis van jou kamera met hulle dag aangaan.

Pilanesberg Info

  • Parkgrootte: 550km²
  • Geldeenheid: Suid-Afrikaanse Rand
  • Seisoene: Droë seisoen in die wintermaande (April tot September), en nat seisoen in die somermaande (Oktober tot Maart)
  • Gewilde aantreklikhede: Groot 5, lugballonne, dagtogte, Sun City
  • Nabye lughawens: O.R. Tambo Internasionale (220km)/Pilanesberg Internasionale Lughawe (binne die park)
  • Naaste stede: Johannesburg, Pretoria, Rustenburg

Van die mooiste landskappe in die hele park kan in die area van die Mankwedam gesien word. Die dam is die grootste in die Pilanesberg. Dit maak dit die perfekte plek om ‘n groot verskeidenheid diere te sien. Waterbokke, sebras, impala en ander diere stop hier vir ‘n vinnige slukkie van die nabye graslande. Vir voëlliefhebbers is daar ‘n wegkruipplek baie na aan die water se rand. Maak seker dat jy die visarende, ‘kingfishers’ en kormorante sien. Al hierdie plekke bied ongelooflike geleenthede om die fauna en flora af te neem en te waardeer.

Pilanesberg Nasionale Park, of Pilanesberg Natuurreservaat soos dit dikwels bekendstaan, is in die Bojanala-distrik van die Noordwes Provinsie te vinde en is relatief naby aan Johannesburg. Met ‘n area van ongeveer 550km², is dit die vierde grootste park in Suid-Afrika. Die volkaankrator waarin die park geleë is het laas 1300 miljoen jaar gelede uitgebreek. Pilanesberg is oorspronklik deur 3 van die plaaslike volke besit. Baie van die Steentydperk en Ystertydperk werwe in die area wys die teenwoordigheid van mense.

In 1979 het Operasie Genesis ontstaan. Operasie Genesis is ontwerp om die plaaslike wildpopulasie te bevorder. As deel van die inisiatief is 110km wildheinings opgesit en 188km paaie is gevestig. Nog ‘n plan van aksie was die bekendstelling van 6000 diere tot die area. In die jare wat gevolg het is die program uitgebrei en vandag is daar 7000 diere, 300 voëlspesies en meer as 200km paaie.

Die park is genoem na ‘Pilane’ ‘n Tswana stamhoof. Die noordelike deel van die Pilanesberg Nasionale Park is eers besit deur die Bakgatla-ba-Kgafela-stam (ook bekend as die Bakgatla-stam). Die suiderlike deel van die park is voorheen plase en in die 1860s het werk aan die Mankwedam begin. Hierdie plase in die suide is in die 1960s deur die staat gekoop onder die Apartheid-regime. Die Bakubungstam het toe besluit om op hierdie grond te kom woon en het van Ventersdorp hierheen getrek. Die land is toe aan die Boputhatswana gebied (‘n area spesiaal vir mense van Tswana herkoms).

Toe is dit tyd vir die herbekendstelling van wild in die area en die omskakeling van die Pilanesberg na ‘n natuurreservaat. Stamhoof Tsidmane Pilane van die Bakgatlastam het ingestem om hulle bergarea in te sluit by die nuwe reservaat.

Hierdie is die stappe wat gelei het na wat ons vandag ken as die Pilanesberg Natuurreservaat. Om en by dieselfde tyd het Sun International Sun City ontwerp en gebou – een van Suid-Afrika segrootste vermaaklikheidskomplekse. Die ontwikkeling van die Pilanesberg Nasionale Park is een van die mees komplekse en aspirerende projekte in die wêreld.

  • Onlangse stemming by die Suid-Afrikaanse Toerismeraad het bewys dat die Pilanesberg die mees gewilde natuurreservaat in die land is.
  • Pilanesberg is voorheen bekend as Pilandsberg en word dikwels verkeerd gespel. Hier is ander verkeerde spellings: Pilansberg, Pilanesburg, Pilansburg.

Beste Lodges

Tambuti-Game-Lodge

Bakubung

Black-Rhino

Ivory-Tree

pilanesberg-map